Nehodí se? Vůbec nevadí! Zboží můžete vrátit až do 30 dní
S dárkovým poukazem nešlápnete vedle. Obdarovaný si za dárkový poukaz může vybrat cokoliv z naší nabídky.
Die wolke trek vir `n oomblik lank weg voor die maan en Rikus word yskoud. Halfpad agter een van die struike weggesteek, staan iets wat lyk soos `n hond of `n wolf. Die dier se oe glinster wreedaardig in die lig van die maan. Rikus is so naby dat hy die dierasie se harige gesig, weggetrekte lippe en dreigende slagtande kan sien. Rikus voel hoe die pizza in sy keel opstoot ... Stadig, doodstadig, kom die dier voor Rikus se verbaasde oe orent op sy twee agterpote.